Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jy sal sien

Jy sal sien

Laai af:

  1. 1. Met jou oë toe, kom saam en sien

    ’n plek van vrede en harmonie.

    Kom en sien –

    als is nuut,

    jy sal sien.

  2. 2. Ons weet ons droom nie, want ons sien om ons

    al sy beloftes het waar geword –

    als is hier.

    Kom en sien,

    jy sal sien.

    (REFREIN)

    Kyk om jou –

    die vreugde hier sal vir ewig hou.

    Kyk en sien –

    dis soos ’n droom, maar ons is regtig hier.

  3. 3. Vriende het in die graf gewag,

    hul lewe nou; ons sien hul elke dag.

    Hulle’s hier.

    Kom en sien,

    jy sal sien.

  4. 4. Ons pyn en hartseer is als verby.

    Jy sien ons God se hand net waar jy kyk,

    want jy’s hier,

    so jy sien,

    jy sal sien.

    (REFREIN)

    Kyk om jou –

    die vreugde hier sal vir ewig hou.

    Kyk en sien –

    dis soos ’n droom, maar ons is regtig hier.

  5. 5. Ek glo Jehovah wanneer hy sê:

    ‘Wat ek belowe sal jy regtig hê.’

    (OORGANG)

    So ek sien

    als word waar!

    Almal is daar,

    want hy het ‘als nuut gemaak.’

    So met

  6. 6. jou oë toe, kom stap met my

    in daai wêreld waarin ons sal bly.

    Kom en sien –

    als is nuut,

    jy sal sien.