Spring na inhoud

Ek voel aangetrokke tot dieselfde geslag—Beteken dit ek is gay?

Ek voel aangetrokke tot dieselfde geslag—Beteken dit ek is gay?

 Glad nie!

 Feit: In baie gevalle is aangetrokkenheid tot dieselfde geslag net ’n verbygaande fase.

 Dit is wat 16-jarige Lisette, wat vroeër tot ’n meisie aangetrokke was, gevind het. Sy sê: “Ek het op skool in my biologieklas geleer dat hormoonvlakke gedurende adolessensie baie onstabiel kan wees. As jongmense meer weet van hulle liggaam, dink ek regtig hulle sal verstaan dat aangetrokkenheid tot dieselfde geslag net tydelik kan wees, en dan sal hulle nie dink dat hulle gay is nie.”

Alle jongmense moet ’n keuse maak—om die wêreld se verdorwe beskouing van seksualiteit aan te neem of om die hoë sedelike weg te volg wat in God se Woord uiteengesit word

 Maar sê nou dit lyk of jou aangetrokkenheid tot dieselfde geslag nie net ’n verbygaande fase is nie? Is dit wreed van God om iemand wat tot dieselfde geslag aangetrokke voel, te beveel om homoseksualiteit te vermy?

 As jy ja op die tweede vraag geantwoord het, moet jy besef dat hierdie redenasie gegrond is op die verkeerde idee dat mense op hulle seksuele impulse móét reageer. Die Bybel verseker mense dat hulle kan kies om nie op ongepaste seksuele begeertes te reageer nie.—Kolossense 3:5.

 Die Bybel se standpunt is nie onredelik nie. Dit sê bloot vir diegene wat homoseksuele begeertes het, dat hulle aan dieselfde vereiste moet voldoen as diegene wat tot die teenoorgestelde geslag aangetrokke voel—hulle moet “vlug vir die hoerery” (1 Korintiërs 6:18). Die feit is dat miljoene heteroseksuele mense wat Bybelstandaarde wil volg, selfbeheersing aan die dag lê ongeag die versoekings waarvoor hulle te staan kom. Diegene met homoseksuele neigings kan dieselfde doen as hulle werklik God se goedkeuring wil geniet.—Deuteronomium 30:19.