Spring na inhoud

Sê nou ek is verslaaf aan pornografie?

Sê nou ek is verslaaf aan pornografie?

Wat jy kan doen

 Sien pornografie vir wat dit werklik is. Pornografie is niks minder nie as ’n poging om iets te verlaag wat God geskep het om eerbaar te wees. As jy pornografie in hierdie lig beskou, sal dit jou help om ‘die kwaad te haat’.—Psalm 97:10.

 Dink aan die gevolge. Pornografie verlaag die mense wat daarin uitgebeeld word. Dit verlaag ook die persoon wat daarna kyk. Die Bybel sê met goeie rede: Skerpsinnig is die een wat die rampspoed gesien en hom verberg het.”—Spreuke 22:3.

 Maak ’n belofte. “Ek het plegtig belowe om nooit met wellus na ’n meisie te kyk nie,” het die getroue man Job gesê (Job 31:1, Today’s English Version). Hier volg ’n paar ‘plegtige beloftes’ wat jy kan maak:

  •  Ek sal nie die Internet gebruik wanneer ek alleen is nie.

  •  Ek sal enige opspringvenster of webwerf met seksueel eksplisiete inhoud onmiddellik toemaak.

  •  As ek ’n terugslag het, sal ek met ’n vriend praat wat ’n volwasse beskouing van sake het.

Pornografie het ’n kumulatiewe uitwerking—hoe meer kere jy daarna kyk, hoe moeiliker is dit om daarvan los te breek

 Bid daaroor. Die psalmis het Jehovah God gesmeek: “Wend my oë af, sodat hulle niks sien wat waardeloos is nie” (Psalm 119:37). God wil hê dat jy suksesvol moet wees, en as jy tot hom bid, kan hy jou die krag gee om te doen wat reg is!—Filippense 4:13.

 Praat met iemand. ’n Belangrike stap om met die gewoonte te breek, is dikwels om iemand te kies wat jy in jou vertroue kan neem.—Spreuke 17:17.

 Onthou: Elke keer as jy pornografie vermy, het jy ’n groot oorwinning behaal. Vertel Jehovah God van hierdie oorwinning, en dank hom vir die krag wat hy jou gegee het. As jy pornografie vermy, maak jy sy hart bly!—Spreuke 27:11.